Hyphen kry N$102m se befondsingDecember 7, 2023

Hyphen Hydrogen Energy en die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika het ʼn lening van 5 miljoen euro, of 102 miljoen Namibiese dollar aangekondig. Die fasiliteit sal gebruik word vir Hyphen se groen-waterstofprojek in Namibië. Volgens ‘n verklaring sal die fondse gedeeltelik aangewend word vir ingenieurs-, omgewings- en sosio-ekonomiese ontwikkelingstrome wat verband hou met die projek se ontwikkeling tot en met die finale fase. Hyphen sê dat die projek tot 15 000 nuwe werksgeleenthede gedurende die konstruksiefase en 3 000 permanente werksgeleenthede sal skep tydens sy bedryf na voltooiing van beide fases, met die teiken dat 90 persent van hierdie poste deur Namibiërs gevul moet word met 20 persent spesifiek vir die jeug.