Fonds vir indiensneming en opleiding moontlik gestigDecember 7, 2023
Die Maatskaplike Sekerheidskommissie het ‘n oproep geloods in die weeklikse Tender Bulletin vir voorstelle vir sy ontwikkelingsfonds, vir die befondsing van indiensneming- en opleidingskemas. Die fonds beoog om werkskepping en opleiding te verskaf aan werklose sosio-ekonomies benadeelde persone. Kosmos 94.1 Nuus het met die aktivis George Kambala gesels oor of hierdie program genoeg sal wees om die werkloosheidskrisis in Namibië aan te spreek.