M-pokke epidemie in DRKDecember 5, 2023
Entstowwe en behandelings wat kan help om ‘n m-pokke epidemie, voorheen bekend as aappokke, in die Demokratiese Republiek van die Kongo aan te pak, lê ongebruik buite die land ondanks ‘n sterftesyfer wat baie hoër is as van die wêreldwye uitbreking wat verlede jaar begin het. Stigma, regulatoriese struikelblokke en ander siektes is almal faktore wat die reaksie kniehalter. Sedert Januarie is minstens 581 mense in die Kongo aan m-pokke dood uit 12 569 vermeende gevalle, vergeleke met 167 sterftes onder 91 788 aangemelde gevalle in 116 ander lande sedert Januarie 2022. Die siekte is ‘n virusinfeksie wat verband hou met seksuele aktiwiteit tussen mans.