Agribank vra beslaglegging van adjunkminister se eiendomDecember 1, 2023

Agribank soek sedert 2019 amper 9,5 miljoen Namibiese dollar by die adjunkminister van arbeid, Tommy Nambahu. Daar is reeds in Mei 2019 ‘n skikkingsooreenkoms onderteken waaronder hy verskeie betalings sou gemaak het wat nie geskied het nie. Hy het ‘n plaas, Venentatum, 5 179 hektaar in die Otjozondjupa-streek gekoop. Die eiendom, sowel as sy huis in Erasmusstraat in Pionierspark, is as sekuriteit vir die lenings gegee. Die bank het drie verskillende eise teen die adjunkminister en vra vanoggend vir regter Claudia Claassen om reël 108 prosesse vir beslaglegging te begin.