Polisie ondersoek moord na man vasgebind, dood in Walvis-huis aangetref word

Die Erongo-polisie het ‘n vreemde moordvoorval aangemeld. Volgens die mag is die 53-jarige Walvisbaai-inwoner Vernon Gavin dood aangetref in sy huis op die dorp. Die mag vermoed hy is aangeval deur iemand wat saam met hom gekuier het. Hy het alleen gewoon en is dood aangetref in sy badkamer maar is blykbaar in sy slaapkamer vermoor. Hy is vasgebind met gordyngespe en ‘n waslap is in sy mond gestop. Verskeie persoonlike items is in sy voertuig, wat in die motorhuis toegesluit is, gevind. Volgens die polisie, terwyl daar geen ooglopende beserings was nie, was Gavin moontlik verkrag. Sy selfoon is ook weg. Op die oomblik word ‘n saak van moord ondersoek.