Wetsontwerp op Onteiening verwerp

Die Wes-Kaapse parlement se Staande Komitee oor Infrastruktuur het die Wetsontwerp op Onteiening verwerp en sê dit is gebrekkig en ongrondwetlik in sy huidige vorm. Die wetsontwerp wil onder meer voorsiening maak vir die onteiening van eiendom vir ‘n openbare doel of in die openbare belang. Die DA se Wes-Kaapse woordvoerder oor infrastruktuur, Matlhodi Maseko, sê die komitee het gehoor die wetsontwerp sal eiendomsreg vir burgers in gevaar stel en dien as ‘n afskrikmiddel vir ekonomiese belegging in die provinsie.