Allan Donald sien uit na Leeus-talent

Krieket: Die voormalige voorslag-bouler van die Proteas, Allan Donald, sê hy is baie ingenome om weer saam met die hoofafrigter van die Lions, Russel Domingo, te werk. Donald het as boulafrigter ingeval nadat hy weg is by Bangladesj. Hy sê hy sien daarna uit om met opwindende talent te werk, soos die 17-jarige Kwena Maphaka wat verlede jaar die jongste speler geword het om Suid-Afrika op die Onder-19 Wêreldbekertoernooi te verteenwoordig.