Red SA, vra Vryheidsfront PlusNovember 28, 2023

Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, doen ‘n beroep op burgerlike organisasies om met die veelparty-handves kragte saam te snoer om Suid-Afrika te red. Groenewald het verskeie organisasies toegespreek tydens die derde vergadering van die handves in Boksburg en hulle aangeraai om hul verwagtinge van die handves uit te spel. Hy het beklemtoon die burgerlike samelewing moet by bewusmakingsveldtogte vir kieserregistrasie betrokke raak. Groenewald beklemtoon die deurslaggewende rol van kiesers om te bepaal hoe sterk ʼn politieke party is, wat bepaal hoe politieke verandering teweeg gebring kan word.