Mynwerkers sterf in skag-ongelukNovember 28, 2023

Elf mynwerkers is by Impala Platinum-myn in Rustenburg in Noordwes dood. Implats se woordvoerder, Johan Theron, sê die kabel van ʼn hyser wat personeel op en af in die mynskag vervoer, is by die ongeluk betrokke. Hy sê talle mense is ernstig beseer.