Xi wil Israel-Hamas vredeskonferensie hêNovember 21, 2023
China se president, Xi Jinping, vra ‘n internasionale vredeskonferensie om die konflik tussen Israel en Hamas te besleg. Hy het ‘n virtuele beraad van Brics-leiers toegespreek. Volgens Xi kan daar geen volhoubare vrede en veiligheid in die Midde-Ooste wees sonder ‘n billike oplossing vir die kwessie van Palestina nie. Hy stel voor ‘n internasionale vredeskonferensie moet spoedig belê word wat meer gewig sal dra om ʼn internasionale konsensus vir vrede te bou.