Malema sal hof nader oor ondersoek na StaatsredeNovember 21, 2023
Die EFF sê hy sal die hof nader om ʼn interdik te kry teen wat hy noem die skynverhore van die Bevoegdhede- en Voorregtekomitee. Die komitee het sy verhoor oor die voorval tydens die Staatsrede begin, waar EFF-parlementslede die verhoog bestorm het toe hulle beveel is om die saal te verlaat. EFF-leier Julius Malema sê die proses is net ʼn wapen om president Cyril Ramaphosa te verdedig. Hy het ook advokaat Anton Katz, die inleier wat die Parlement aangestel het, aangeval: