Cyril, Pravin misluk in leierskap, sê DANovember 21, 2023
Die DA het president Cyril Ramaphosa en die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, van mislukte leierskap beskuldig oor die uitdagings by Transnet-hawe-terminale. Die DA se nasionale woordvoerder vir Openbare Ondernemings, Mimmy Gondwe, sê albei leiers het hul grondwetlike pligte versuim om die ekonomie te beskerm, tydens die ergste krisis vir handel- en uitvoerhawens in dekades. Gondwe doen ‘n beroep op Ramaphosa en Gordhan om die leiding te neem en met belanghebbendes in die uitvoersektor en Transnet-bestuurders te skakel en aandag aan agterstande te gee en langtermynoplossings te vind.