Christine Mboma kan weer hardloop!

Namibië se talentvolle naelloper, Christine Mboma, het goedkeuring van Wêreldatletiek gekry om weer aan die 100-meter- en 200-meter-items deel te neem. Dit volg na behandeling om haar testosteroonvlakke tot die wettige perk van 2,5 te verlaag. Sy was tydelik geskors weens Wêreldatletiek se regulasies rakende testosteroonvlakke in vroulike atlete, maar beplan nou om in April volgende jaar weer deel te neem. Mboma se afrigter, Henk Botha, het aan Kosmos 94.1 Nuus dié verwikkeling bevestig en sy opgewondenheid oor haar terugkeer na die atletiekbaan uitgespreek.