Bibi moet van oorlogmisdade aangekla word – Numsa

Die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika sê hy ondersteun oproepe van die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, dat Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu van oorlogsmisdade aangekla moet word. Suid-Afrika het die Internasionale Strafhof gevra dat oorlogsmisdade in Gaza ondersoek word. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle is steeds geskok deur, soos hulle dit noem, Israel se barbaarse volksmoord op Palestyne in Gaza: