Bestee min, en hou dit plaaslik

Namibië se verbruikers is vasgevang in ‘n finansiële drukpot, met inflasie wat hoog bly en dienste wat net duurder word.  Die jaarlikse inflasiekoers was in Oktober 6 persent, wat toegeneem het vanaf die 5,4 persent in September. Die toename is hoofsaaklik te wyte aan duurder kos, elektrisiteit, petrol en ander brandstowwe. Dwarsoor die wêreld is mense hard getref deur sulke prysstygings. Black Business Leaders Network se hoof uitvoerende beampte, Elifas Simon, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê in tye van ekonomiese onsekerheid moet mens probeer spaar en ook jou geld plaaslik uitgee, want dit is vir almal voordelig.