VF+ sê bedankings by polisie wek groot kommer

Die Vryheidsfront Plus in die buurland sê dringende optrede word benodig vir die behoud van vaardige amptenare in die bekamping van misdaad. Die party het kommer uitgespreek oor die massabedanking van meer as 70 persent van die polisie se spesiale taakmaglede in KwaZulu-Natal, wat beteken daar is slegs 15 van die aanvanklike 53 lede oor. Die party se leier, Pieter Groenewald, sê kwessies soos swak betaling, onbillike bevorderingsbeleide, wanbestuur en verwaarlosing word as redes vir die uittog aangevoer: