Ongekende hittegolf in Brasilië

Brasilië ondervind ‘n ongekende hittegolf wat toegeskryf word aan El Niño en klimaatsverandering, wat na verwagting tot Vrydag sal voortduur. Rooi waarskuwings is aan bykans 3 000 dorpe en stede uitgereik. Die temperatuur in sommige gebiede, insluitend Rio de Janeiro, het hierdie week tot 52-grade-Celsius gestyg. In São Paulo is ‘n gemiddeld van 37-grade aangeteken. Rooi waarskuwings dui op temperature vyf grade bo die gemiddelde vir meer as vyf dae, wat ‘n ernstige gesondheidsrisiko inhou. Owerhede merk rekord hoë energieverbruik waar terwyl burgers probeer om die voortydige aanvang van die somer in die suidelike halfrond te trotseer.