Kritiek oor aanstellings van afgetredenes 

President Hage Geingob het die oud-polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga as goewerneur van die Ohangwena-streek aangestel, en hy neem by Walde Ndevashiya oor. Ndeitunga het in Augustus verlede jaar die mag verlaat as die langsdienende polisiehoof in die land na hy die pos sedert 2005 beklee het. ‘n Debat het op X losgebars waar die jeug kla dat poste aan pensioentrekkers gegee word en nie aan werksoekers nie, aangesien Ndeitunga afgetree het. Kosmos 94.1 Nuus het met die aktivis Simon Amunime gesels, wat sê dis dalk tyd dat die jeug introspeksie doen.