Dors Oshikoto-inwoners ruk op

Inwoners van verskeie kiesafdelings in die Oshikoto-streek is sat vir watertekorte en het opgeruk na die kantoor van die goewerneur, Penda Ya Ndakolo by Omuthiya. Die inwoners het ‘n petisie opgetrek en sê die situasie het versleg en hulle wag sedert 2017 vir die opgradering van waterpypleidings, soos aan hulle belowe is. Inwoners word gedwing om ver weg van hul huise te slaap omdat hulle opsoek is na water. Hulle sê genoeg is genoeg. Die inwoners eis om behoorlike waterpypleidingstelsels binne hul kiesafdelings te kry en vra ook volhoubare waterreservoirs of gronddamme wat op die lang termyn toeganklike water aan die gemeenskappe sal verskaf. Stukkende boorgate moet ook herstel word.