Sinner wen Djokovic in Turyn

Jannik Sinner het sy eerste oorwinning ooit oor Novak Djokovic behaal en die wêreld se nommer een sy eerste nederlaag sedert Wimbledon by die ATP-jaareindtoernooi in Turyn laat ly. Die Italianer het die Serwiër met 7-5, 6-7 en 7-6 geklop en is daarmee ‘n stap nader  aan ‘n halfeindwedstryd in die Groen Groep. In die ander wedstryd moes die Griek, Stefanos Tsitsipas, na slegs drie potte teen Holger Rune weens ‘n mediese rede onttrek, wat die Deen sy eerste oorwinning besorg het. Sinner sê dit beteken baie om die wêreld se nommer een te klop: