Selfdood onder leerders in die nuus
‘n Styging in selfdood onder leerlinge het die Gautengse Onderwysdepartement genoop om nie-regeringsorganisasies en ander entiteite te versoek om te help met die voorkoming hiervan. Namibië het sy eie selfmoorduitdagings en Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese ombudsman, Basilius Dyakugha, gepraat wat sê dat selfmoord onder leerders ook vir hom ‘n bekommernis is. Dyakugha sê dat besprekings oor selfmoord by skole gedoen moet word.