Proteas reg om wenteiken te jaag
Suid-Afrika kom môre teen die vyfmalige kampioen, Australië, te staan in die tweede halfeindstryd van die Wêreldbekertoernooi in Indië. Die Proteas het in die groepfase tweede op die punteleer geëindig, na ʼn paar indrukwekkende vertonings. Die een onbeantwoorde vraag is oor Suid-Afrika se vermoë om ʼn wenteiken te jaag. Hulle het tweede gekolf in albei wedstryde wat hulle verloor het – teen Nederland en die gashere. Die Proteas se afrigter, Rob Walter, sê dis belangrik dat iemand ʼn ankerbeurt speel.