Ondangwa sonder water weens gebarste pyp
Inwoners van Ondangwa en Omuthiya in die Oshana-streek het sedert Dinsdagaand nie water nie weens die Oshali-pyp wat onder die J&M Kompleks in Ondangwa gebars het. NamWater se hoof strategie en korporatiewe sakebeampte, Kadiva Hamutumwa, sê herstelwerk kan tot 48 uur neem, omdat gedeeltelike opgrawings gedoen moet word. Sy voeg by watertoevoer stroomaf van Ondangwa is onderbreek en water-tekorte sal ervaar word sodra die reserwes in die reservoirs opraak. Hamutumwa sê die bou van strukture bo-op ‘n waterpypleiding hou aansienlike risiko’s vir die pypleiding in, aangesien die gewig die pypleiding kan laat kraak of breek.