Napha hou jaarvergadering, gala, veiling en expo
Die Namibië Professionele Jagvereniging nooi alle professionele jagters en belanghebbendes uit na die oop sessie van sy algemene jaarvergadering, wat ‘n dinamiese vraag-en-antwoord sessie sal insluit. Die sessie is geskeduleer vir 6 Desember by die Arebbusch Travel Lodge teen ‘n fooi van 150 Namibiese dollar. Aangesien die jagbedryf deurlopend onder die vergrootglas is, beide nasionaal en internasionaal, word die verdediging daarvan ‘n gemeenskaplike poging. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Kristin Maritz, Napha se kantoorbestuurder, wat meer deel.