Kredietverskaffers wil ook munt slaan uit Swart Vrydag

Met Swart Vrydag om die draai, sien baie mense uit na inkopies doen teen laer pryse, maar baie mense het nie geld om op afslag-items te spandeer nie. Banke en mikro-uitleners gebruik die geleentheid om geld op ‘n oortrokke rekening aan kliënte te “leen”, om munt te slaan uit die dag, maar dit moet steeds terugbetaal word, en mense vergeet dat ons in moeilike ekonomiese tye lewe wat selfs moeiliker kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus Capital-ekonoom, Robert McGregor, gepraat wat sê Namibiërs moet in gedagte hou dat krediet vir Swart Vrydag ‘n hoë prys het.