Katar werk aan Hamas-Israel ooreenkoms

Katar werk aan ʼn moontlike ooreenkoms tussen Hamas en Israel wat ongeveer 50 burgerlike gyselaars in Gaza sal vrylaat in ruil vir ʼn wapenstilstand van drie dae. Dit word in samewerking met Amerika gedoen en die ooreenkoms kan ook beteken Israel laat Palestynse vroue en kinders in sy tronke vry, en humanitêre hulp aan Gaza word vergroot. Hamas het voorlopig ingestem, maar Israel wik en weeg nog. Die presiese getal Palestynse vroue en kinders wat moontlik deur Israel vrygelaat kan word, is tans onseker.