Israelse soldate omsingel Al-Shifa, voer operasie uit
Die Israelse weermag sê hy voer ʼn presisie- en teiken-operasie teen Hamas uit in ʼn spesifieke deel van die Al-Shifa-hospitaal in Gaza-stad. Die hospitaal het ʼn strategiese doelwit vir Israel geword wat dit beskou as die kern van Hamas se administratiewe en militêre vermoëns. Die Israelse weermag sê hy het owerhede in Gaza onlangs aangesê om alle militêre aktiwiteite in die hospitaal te staak, maar dit gebeur nie. Hy voeg by die doel is om te keer dat burgerlikes wat deur Hamas as menslike skilde gebruik word, seerkry.