DA verwelkom aanvaarding om BTW-vrye mandjie uit te brei

Die DA verwelkom die  parlementêre staande komitee op finansies se bekragtiging om die zero-BTW-kosmandjie uit te brei met die doel om geldelike druk op huishoudings te versag. Die Nasionale Tesourie skimp oor moontlike belasting-maatreëls om inkomste-tekorte aan te vul, maar die party is hewig gekant teen bykomende belasting. Woordvoerder Dion George het die finansminister Enoch Godongwana, te midde van ekonomiese uitdagings gevra om vinnig op te tree en noodsaaklike items van BTW vry te stel. Hy is ten gunste van omsigtige bestedingsbestuur as ‘n alternatief tot belasting-verhogings: