Polisieman en vier ander vas vir diefstal, bedrog
Vyf mans, waaronder ‘n polisieman, sal vandag in die Mariental-landdroshof verskyn op verskeie klagte waaronder diefstal en bedrog. Volgens die Namibiese polisie het die mans, ‘n man op Keetmanshoop by sy huis besoek vir die koop van edelstene, wat die polisie nie die soort van bekend gemaak het nie. Die man het na die kitsbank gegaan en toe het een van die verdagtes hom blykbaar voorgedoen as polisielid, en die geld en die stene in beslag geneem. Hy het verdwyn. Die verdagtes het toe gevlug maar, die mag het vinnig gereageer na klagtes gelê is en hulle is op Mariental gevang. Die vyf, 40, 45, 36, 34 en 40 jaar oud, sal vandag in die hof op die dorp verskyn. Een van hulle is wel ‘n polisieman. ‘n Totaal van 12 000 Namibiese dollar is gesteel en 6 000 dollar is teruggevind. Die ondersoek duur voort.