Omusati-goewerneur wil nie sê oor Angolese vlugtelinge met heersende droogte nie
Daar is kommer oor die droogte in die suide van Angola waar inwoners van die Onanime-nedersetting gedwing word om water te verbruik wat met urine besmet is. Onanime, wat sowat 40 kilometer van Ondjiva, die provinsiale hoofstad, word beskou as die episentrum van Guinee-wurm, ‘n siekte wat oorgedra word deur water te drink wat met die parasiet se larwes besmet is. Duisende vlugtelinge het in Maart 2021 na die Omusati-streek gevlug om kos en water te bekom en dit het twee jaar geneem voor die mense teruggestuur was. Die goewerneur van die Omusati-streek, Erginus Endjala wou hom nie uitlaat oor ‘n moontlike vloed van vlugtelinge nie maar sê Namibië is beter af as Angola in die verband.