NamRA verdedig hof-eis dat hy gekonfiskeerde goedere moet teruggee

Drie mans, Lot en Lazarus Iithete en Abed Fanuel dagvaar NamRA om sy goedere wat deur die agentskap by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe gekonfiskeer is, terug te kry. Die aansoekers, blykbaar Asino Investments, het talle pare Nike, Adidas en Puma tekkies, sowel as T-hemde onder die handelsmerke vanuit China ingevoer en NamRA het tussen November en Desember verlede jaar beslag daarop gelê omdat dit moontlik vervalste goedere is. Die items, waaronder meer as 300 T-hemde, en ongeveer 150 pare tekkies, se waarde is as 8 000 Namibiese dollar verklaar. Die aansoekers sê dit is nou ‘n jaar en hulle eis op bewys dat die goedere vervals is, of hulle wil hulle goedere terughê. NamRA verdedig en regter Esi Schimming-Chase sal die saak vandag vir bemiddeling stuur.