Mudge sê inmenging van WGO moet end kry

Die president van die Republikeinse Party Henk Mudge sal komende Dinsdag ‘n perskonferensie in die hoofstad hou oor die Wêreldgesondheidsorganisasie. Mudge sê die WGO wil hê lande moet ‘n verdrag onderteken wat die mag in die hande van die wêreldliggaam sal plaas, veral met noodtoestande, pandemies en meer. Volgens hom is dit onaanvaarbaar. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.