Mbalula eis skietstilstand in Gaza
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, doen ‘n beroep vir ‘n onmiddellike skietstaking in Gaza en die hervatting van vredesonderhandelinge tussen Israel en Palestina. Mbalula het tydens die Palestynse solidariteitsopmars in Kaapstad gepraat. Hy sê Suid-Afrika se standpunt stem ooreen met die Verenigde Nasies se resolusies wat vra vir die onttrekking van Israel uit besette gebiede en die dringende implementering van die twee-staat-oplossing – ‘n onafhanklik Palestynse Staat wat in vrede langs die Israeliese Staat bestaan: