Mamelodi vat Afrika-kampioenskap
Mamelodi Sundowns het Wydad Casablanca van Marokko op Loftus Versfeld in Pretoria met twee-nul verslaan om as die wenners van die eerste Africa Football League gekroon te word. Sundowns het die twee-fase eindstryd met drie-twee met saamgestelde punte gewen om hulle eerste Afrika-trofee te verower sedert hulle die Konfederasie van Afrika se Superbeker ses jaar gelede ingepalm het. Die klub het 75 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir sy oorwinning ontvang. Die afrigter, Rulani Mokwena was vol lof vir sy span: