Kommissie sê oor registrasie toetslopie die weekNovember 13, 2023

Die Namibiese Verkiesingskommissie het meer inligting bekend gemaak oor die toetslopie wat hy Woensdag tot Vrydag hou om sy nuwe geïntegreerde mobiele registrasie-stelsel te toets. Daar sal voorbereidingsregistrasies wees in die Keetmanshoop landelike-kiesafdeling, Windhoek se landelike-kiesafdeling, sowel as op Swakopmund, Oshakati-Oos en die Rundu stedelike-kiesfafdeling. Woordvoerder De Wet Siluka het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.