Creecy publiseer wildsvleis-strategie
Die omgewingsminister, Barbara Creecy, het die wildsvleis-strategie vir Suid-Afrika in die Staatskoerant vir toepassing afgekondig. Die strategie het ten doel om die wildsvleisektor te versterk as ‘n verskaffer van voedselsekerheid en as ekonomiese groeisektor wat kan help om werk te skep. Die departement sê die doeltreffende toepassing van die strategie sal bydra tot die bewaring en volhoubare gebruik van die land se biodiversiteit, terwyl ekonomiese, maatskaplike, en omgewingsprobleme soos armoede, klimaatverandering en voedselsekerheid getakel word.