Ysland berei voor vir vulkaan uitbarsting
Yslandse owerhede sê hulle berei hulle voor vir ‘n vulkaniese uitbarsting in die suidweste van die eiland in die komende dae na ‘n reeks aardbewings en bewyse dat magma vinnig onder die grond versprei. Die Yslandse meteorologiese kantoor sê daar is ‘n aansienlike risiko vir ‘n uitbarsting op of net buite die Reykjanes-skiereiland vanweë die grootte van die ondergrondse magma-indringing en die tempo waarteen dit beweeg. Die Reykjanes-streek het die afgelope paar jaar verskeie uitbarstings in onbevolkte gebiede gesien. Die jongste sal na verwagting op die seebodem begin.