Mag waarsku oor misdadigers wat hulle as polisie voordoen

Die Namibiese polisie waarsku die publiek oor toenemende rooftogte wat gepleeg word deur boewe wat hulle voordoen as polisiepersoneel, en versoek die publiek om alle nodige voorsorgmaatreëls te tref. Volgens Inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie word die rooftogte gepleeg deur persone wat beweer hulle is polisiebeamptes in gewone klere, en gebruik name van beamptes wat in die mag is. Die publiek word versoek om hul naaste polisiestasie in te lig indien hulle agterdogtig is oor sulke besoeke. Kosmos 94.1 Nuus het met inspekteur Shapumba gepraat.