De Lille sê SA het in ’94 ingewikkelde demokrasie geërf

Die leier van die GOOD-party, Patricia de Lille, sê Suid-Afrika se nuwe demokrasie wat die land in 1994 geërf het, was wyd en ingewikkeld. Sy voeg by burgers moet nie die struikelblokke onderskat waarvoor hulle te staan gekom het met die transformasie van elke faset van die samelewing om van diskriminasie en ongelykheid bevry te word nie. De Lille het by die party se eerste nasionale konferensie in Kaapstad gepraat. Sy sê 30 jaar later is die land steeds in ‘n afwaartse spiraal en die geskiedenis kan nie meer as ‘n verskoning gebruik word nie.  De Lille waarsku die geskiedenis toon wanneer ‘n bevrydingsorganisasie in duie stort, kan chaos ontstaan.