Slapende man, 93, aangeval, beroof

‘n Wrede roof is op Oshikuku deur die Namibiese polisie bevestig. In die vroeë oggendure, net na half-twee Donderdagoggend, het ‘n 37-jarige man ‘n 93-jarige pensioenaris in sy huis aangeval en beroof. Die Omusati-polisie sê die man het die slapende pensioenaris wakker gemaak, sy hande vasgebind en hom verwurg tot hy ingegee het om hom te wys waar hy 2 450 Namibiese dollar buite sy huis begrawe het. Die geld is nie teruggevind nie maar, die verdagte is gearresteer. Die polisie sê nie wanneer die verdagte in die hof sal verskyn nie maar sê die ondersoek duur voort.