Miss Universe-maatskappy tegnies bankrot
Die Thaise mediamaatskappy wat die Miss Universe-skoonheidskompetisie-handelsmerk besit, het aansoek gedoen om bankrotskap-beskerming terwyl hy probeer om wat hy as likiditeitsprobleem beskryf, op te los. JKN Global Group het die aankondiging in ‘n verklaring aan die Thaise aandelebeurs gemaak twee maande nadat hy ‘n sperdatum misgeloop het om effekte ter waarde van sowat 12 miljoen Amerikaanse dollar terug te betaal. Die maatskappy, wat besit word deur die mediamagnaat en transgenderregte-kampvegter Anne Jakapong Jakrajutatip, het die kompetisie by Donald Trump vir 20 miljoen Amerikaanse dollar in 2022 gekoop. Die 2023 Miss Universe-geleentheid sal voortgaan en vind Saterdag, 18 November plaas in El Salvador. Mej. Namibië Jameela Uiras is reeds daar.