Jagverbod in Bots lei tot rekord-konflikgetalle
Botswana doen stappe om jagkwotas vir olifante en sogenaamde probleem-dierspesies tot die maksimum toelaatbare beperking te verhoog vir die 2024-jagseisoen. President Mokgweetsi Masisi sê die besluit is weens die toenemende aantal mens- tot natuurlewe konfrontasies. Tussen Januarie en September is 9 497 voorvalle aangemeld, met 11 310 voorvalle wat verlede jaar aangemeld is. Die voormalige president Ian Khama het ‘n totale verbod op die jag van die diere geplaas, tot die lof van die buitewêreld. Mens-olifant-konflik is ook ‘n groot uitdaging in Namibië, met boere en gemeenskappe wat groot skade ly. Piet Gouws, ‘n boer in die Kamanjab-omgewing en oud-president van die NLU, het sy reaksie met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.