Israel stem toe vir vier-uur ‘pouses’ in aanvalle op Gaza

Die Withuis sê Israel begin met daaglikse humanitêre onderbrekings van vier uur elk in die noorde van Gaza om hulp en burgerlike ontruiming te vergemaklik. Die spesifieke tye wanneer die onderbrekings sal plaasvind, sal drie uur voor die tyd deur Israel aangekondig word. Die woordvoerder van die Nasionale Veiligheidsraad, John Kirby, sê hulle is deur die Israeli’s meegedeel dat daar gedurende die tydperke geen militêre operasies in hierdie gebiede sal plaasvind nie en dat die proses reeds begin het. Hy sê dit is ‘n belangrike stap in die konflik: