Franse afrigter sê verlies teen Bokke was uiters teleurstellend

Frankryk se afrigter, Fabien Galthié, sê die nederlaag teen die uiteindelike kampioen, Suid-Afrika, in die Wêreldbeker-kwarteindstryd sal vir altyd by die span spook. Die Springbokke het die gasheerland 29-28 geklop onderweg na die titel. Frankryk was voor die toernooi een van die gunstelinge, saam met Ierland wat as die wêreld nommer een begin het. Galthié het die media die eerste keer te woord gestaan sedert verlede maand se nederlaag. Volgens hom was dit ʼn bittere teleurstelling na vier jaar se harde werk waartydens hulle ʼn sukseskoers van 80 persent gehandhaaf het.