Dis die Finkenstein Trail Run die naweek

Die Clausthaler Finkenstein veldloop vind hierdie naweek by die Finkenstein Bosmark plaas. Dit is vir hardlopers van alle vlakke en vermoëns, in twee kategorië, ‘n 8 kilometer en ‘n 4 kilometer, wat op verskillende tye begin. Dit is ‘n wonderlike geleentheid vir die publiek om fiks en gesond te bly terwyl hulle pret in die natuur geniet. Die registrasiefooi is 100 Namibiese dollar vir vroeë inskrywings en 50 dollar vir kinders, wat by die wenstreep beloon sal word met ‘n medalje vir deelname. Die organiseerder, Francois Steynberg, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.