Agoa is uiters belangrik vir SA, en streekNovember 10, 2023
Suid-Afrika se diplomatieke en ekonomiese ondersteuning van Rusland en Palestina het die land in die spervuur van Amerikanse wetgewers geplaas. Daar is verskeie beroepe dat die land uit die Agoa-ooreenkoms, wat uiters voordelig is vir verskeie Afrikalande, insluitend Namibië, geskop word. Die ooreenkoms het onlangs onder die loep gekom by ‘n beraad in die buurland. Dit sluit in 2025 af en daar is oproepe gemaak vir sy verlenging. Professor Jannie Rossouw van Wits se Sakeskool het die voordele van die oorenkoms so verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.