Eerste heeloog-oorplanting ‘n sukses
Chirurge in New York het die eerste heel-oog-oorplanting ooit in ‘n mens uitgevoer, ‘n prestasie wat as ‘n deurbraak beskou word, al het die pasiënt nie weer sig in die oog gekry nie. In die ses maande sedert die operasie, uitgevoer tydens ‘n gedeeltelike gesigoorplanting, het die geënte oog belangrike tekens van gesondheid getoon, insluitend goed funksionerende bloedvate en ‘n belowende retina, volgens die chirurgiese span. Die ontvanger van die oog, Aaron James, is ‘n 46-jarige militêre veteraan wat ‘n werkverwante hoëspanning elektriese ongeluk oorleef het wat die linkerkant van sy gesig, sy neus, sy mond en sy linkeroog vernietig het.