Sluit Eskom-stropers toe: GordhanNovember 8, 2023

Die buurland se minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, sê korrupsie by Eskom sal voortgaan tensy wetstoepassing en die Nasionale Vervolgingsgesag die baasbreine agter tralies kry. Hy het die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge ingelig oor planne om die kragverskaffer reg te ruk. Gordhan sê die belangrikste is om die kultuur van korrupsie by Eskom te verander. Hy voeg by baie het al verander sedert die Zondo-kommissie se bevindings en die nuwe raad se aanstelling.