Schlettwein open Afrika ministers-waterberaad

Die 23ste beheerraadsvergadering van die Afrika-waterfasiliteit het vanoggend in Swakopmund afgeskop, en word saam met die AfricaSan7-konferensie gehou. Die Afrika-waterfasiliteit is in 2004 deur die Afrika-ministers Waterraad gestig vir die mobilisering van finansiële hulpbronne vir water- en sanitasie-beleggingsprojekte. Water-minister Calle Schlettwein het in sy openingsrede gesê die wêreld bevind hom in ‘n finansiële krisis, met enorme implikasies vir Afrika.

Schlettwein sê ons betaal vir die oorloë in die wêreld, wat almal raak asook die klimaat.