Namibië klop Hongkong 22-0 in MaleisiëNovember 8, 2023

Die MTC Namibiese manspan bly ‘n sterk aanspraakmaker om die eindstryd van die Sultan Nazrin Shah binnenshuise hokkietoernooi in Ipoh, Maleisië te haal, nadat hulle ‘n oorwinning van 22-0 teen Hongkong aangeteken het. Namibië het toe met 3-5 teen Suid-Afrika verloor, met Fagan Hansen, Cody van der Merwe en JP Britz wat die doele aangeteken het. Suid-Afrika is later met 4-5 deur Australië geklop, teen wie Namibië Vrydag te staan sal kom. Die vrouespan, wat terselftertyd aan die Tuanku Zara vroue-binnenshuise toernooi deelneem, speel môre teen Suid-Afrika en Nieu-Seeland.